Behouering

Houers in New Jersey, VSA
'n houerskip naby Cuxhaven
'n houerskip in Kopenhagen hawe

Behouering is die mees ekonomiese en doeltreffende manier om goedere te vervoer, en dit word vir in- en uitvoer sowel as vir binnelandse vervoer gebruik. Behouering beteken dat firmas nie meer talle klein pakkies per trein of skip hoef te vervoer nie. Dit word in groot houers verpak, verseël en vervoer, in Suid-Afrika deur die Suid-Afrikaanse Spoorweë en Hawens.

'n Internasionale behoueringstelsel is in Julie 1977 in Suid-Afrika ingestel, maar 'n interne behoueringsdiens bestaan al sedert 1951. Oorsese lande gebruik die internasionale behoueringsdiens reeds jare lank die eerste houer is in 1956 van New York na Porto Rieo gestuur.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search